Die beste melk, anders as Moedersmelk, is BIOMEL!!!
'n Suiwer Vislewerolie aanvulling, verryk met Vitamien A (8000 IU/ml), Vitamien D (800 IU/ml) en SELENIUM (0,3 mg/ml). SELENIUM is 'n essensiële spoorelement waarsonder dier en mens nie kan lewe nie. Sub-optimale vlakke in diere vertraag groei, verlaag konsepsiepersentasie in vroulike diere, verhoog aborsies, en verlaag immuniteit van diere teen virusinfeksies. Vitamien A tekorte vetraag groei veral tydens droogtetoestande, behou plasenta, kan been misvorming en agteruitgang van voortplantingsorgane tot gevolg hê.
GEBRUIKE:
Ramme: 3 keer per jaar;
Ooie: 4 weke voor paring en 4 weke voor lam;
Lammers elke 3maande;
Tydens inname by voerkrale.
Koeie, 4 weke voor paar en kalf;
Kalwers 3 maandeliks;
Voerkrale by inname.
Dosis:
Skape: 10 ml/40 Kg;
Beeste: 25 ml/100Kg
BIOGLOBIN is 'n veemiddel wat die passiewe immuniteit van kalwers, lammers en varkies verhoog, indien toegedien binne 6 uur na geboorte, waar die diertjies geen natuurlike kolostrum ontvang het nie, of ter aanvulling daarvan waar te min ontvang is, of waar kolostrum van 'n swak gehalte ontvang is.
VERPAKKING:
'n 500ml houer - met 100g BIOGLOBIN-poeier wat met 400ml warm water teen 37 °C aangemaak moet word.
DOSIS EN GEBRUIKSAANWYSINGS:
Die verpakking is in 'n groter houer as wat die finale inhoud sal wees. Dit vergemaklik vermenging. Skud goed en stoor by
4 °C. Gebruik liefs binne 24 uur na aanmaak.
Doseer die aangemaakte vloeistof oraal volgens die onderstaande tabel (ml):
| Ure na geboorte | 1 - 6 | 12 | 18 | 24 |
| Varkies | 5 | 5 | 5 | 5 |
| Lammers | 20 | 20 | 20 | 20 |
| Kalwers | 60 | 60 | 60 | 60 |
Herhaal uurliks binne die eerste 6 ure indien geen ander bies ontvang is nie.
Meer tegniese besonderhede is op aanvraag beskikbaar.
TEGNIESE PROEF - VERSLAE:
Lammers:
In 'n proef om te bepaal wat die efek is wanneer pasgebore lammers met BIOGLOBIN behandel word, is gevind
dat die risiko van mortaliteite aansienlik verminder word. In die proef was die behandelde groep se mortaliteite 0% teenoor
16.67% van die onbehandelde lammers na 14 dae.
Varkies:
In 'n proef met klein varkies wat met BIOGLOBIN behandel is, is 'n afname van 66% in mortaliteite ondervind.
Die varkies het 'n dosis van 2 x 5ml BIOGLOBIN ontvang binne die eerste 8 ure na geboorte.
DIE GEBRUIK VAN BIOSIN EN BIOGLOBIN SAAM:
BIOSIN is 'n Melksuurbakterië-kultuur wat minstens 10 miljoen spesiaal geselekteerde Melksuurbakterië
per ml bevat.
Dit word aangewend om die negatiewe effek van strestoestande soos koue, hantering, vervoer, aanpassing in voerkrale ens. op die spysverteringsorganismes, teen te werk. Dit help dus met die voorkoming en behandeling van sekere stresverwante siektetoestande soos diarree, asidose, rumenstase ens. BIOSIN word ook met groot sukses as 'n na-antibiotiese behandeling gebruik. Die herstel van 'n behandelde dier word ook aansienlik bespoedig. Sulke diere begin gouer vreet en het 'n beter algemene gesondheidstoestand tot gevolg.
Hier is resultate van proewe waar BIOSIN saam met BIOGLOBIN gebruik is:
Lammers:
Waar BIOSIN en BIOGLOBIN saam gedoseer is binne die eerste paar uur na geboorte,
is 'n antagonistiese reaksie teenoor mekaar ondervind en daarom word so 'n dosering nie aanbeveel nie. Waar 10ml
BIOSIN egter op die 2de of 3de dag na geboorte toegedien is, was die behandelde lammers elk
ongeveer 1kg swaarder na 60 dae as die onbehandelde kontrole groep. Hierdie proef is reeds verskeie kere herhaal
met soortgelyke resultate.
Varkies:
Waar BIOSIN ingesluit was as deel van die BIOGLOBIN-behandeling, was daar 'n gemiddeld
van 28% verbetering ten opsigte van massatoename.
Die beste resultate is verkry deur BIOGLOBIN en BIOSIN as volg te gebruik:
Dag 1 - 5ml BIOGLOBIN uurliks binne die eerste 6 ure na geboorte.
Dag 2 - 5ml BIOSIN
Dag 12 - 5ml BIOSIN
Dag 19 - 5ml BIOSIN
Met hierdie behandeling was daar 'n verbetering van 66% ten opsigte van mortaliteite, terwyl massatoename 28% beter was met speen, as by die onbehandelde kontrolegroep.
Kalwers:
Navorsing toon dat kalf-mortaliteite is 6.1% in koeie en 11.3% in verse, vanaf diagnose van dragtigheid tot speen.
Van die belangrikste redes hiervoor kan toegeskryf word aan die kwaliteit van die kolostrum.
Kalwers van verse en siek koeie moet gevolglik aanvullende kolostrum ontvang.
BIOLAM vir Lammers is 'n melkvervanger wat BIOREM bevat, 'n melksuurbakteriekultuur vir die behandeling en voorkoming van diarree in kalwers en lammers, asook BIORED, 'n fisologiese bioflavonoïdiese anti-oksidant. Wanneer volgens aanbevelings voorberei, sal elke liter BIOLAM minstens 2g BIOREM bevat.
SAMESTELLING:
| Vog | 5.0% |
| Proteïen | 19.0% |
| Vet | 19.0% |
| As | 9.5% |
| Ru vesel | 0.3% |
| Kalsium | 1.4% |
BYGEVOEGDE VITAMINES:
| Vitamien A | 40000 l.u. |
| Vitamien D3 | 6000 l.u |
| Vitamien B1 | 3.9 mg |
| Vitamien B2 | 5 mg |
| Vitamien B6 | 2.5 mg |
| Vitamien B12 | 20 mcg |
| Vitamien C | 60 mg |
| Vitamien E | 50 mg |
| Vitamien K3 | 3 mg |
| PP | 50 mg |
| Zn | 70 mg |
| BIOREM | 1.2 g/Liter |
| BIORED | 0.35% m/m |
| Geen antibiotika is bygevoeg | |
GEBRUIKSAANWYSINGS:
Voeg 120g (250ml) poeier by 1 liter water teen 40°C. Roer deeglik.
Kan ook met koue water aangemaak word.
VOEDINGSINSTRUKSIES:
Voer aangemaakte BIOLAM vir Lammers 3 tot 4 keer per dag teen 50ml per kg lewende massa.
Voorsien Lamkruipvoeding teen gekontroleerde hoeveelhede, vanaf die 2de week. Te hoë inname veroorsaak opblaas.
Water moet nie gedurende die eerste 2 weke ab lib beskikbaar wees nie. Dit moet egter na die 2de week beskikbaar
gestel word, maar moet ongeveer 'n uur voor tot 'n uur na voedingstye weggeneem word.
Indien diarree voorkom, verminder die inname van melk met die helfte. Maak seker dat geen water vryelik beskikbaar is nie.
Doseer BIOREM teen dubbeldosis droog op die tong, 3 keer per dag. Normaalweg behoort die diarree teen die
volgende dag opgeklaar te wees.
Kontak ons vir meer informasie oor die grootmaak van lammers, diarree noodbehandeling, probleme met groei en speen-metodes.
BIOMEL vir Kalwers is 'n melkvervanger wat BIOREM bevat, 'n melksuurbakteriekultuur vir die behandeling en voorkoming van diarree in kalwers en lammers, asook BIORED, 'n fisologiese bioflavonoïdiese anti-oksidant. Wanneer volgens aanbevelings voorberei, sal elke liter BIOMEL minstens 2g BIOREM bevat.
SAMESTELLING:
| Vog | 5.0% |
| Proteïen | 21.0% |
| Vet | 13.0% |
| As | 9.5% |
| Ru vesel | 0.3% |
| Kalsium | 1.4% |
BYGEVOEGDE VITAMINES:
| Vitamien A | 40000 l.u. |
| Vitamien D3 | 6000 l.u |
| Vitamien B1 | 3.9 mg |
| Vitamien B2 | 5 mg |
| Vitamien B6 | 2.5 mg |
| Vitamien B12 | 20 mcg |
| Vitamien C | 60 mg |
| Vitamien E | 50 mg |
| Vitamien K3 | 3 mg |
| PP | 50 mg |
| Zn | 70 mg |
| BIOREM | 1.2 g/Liter |
| BIORED | 0.35% m/m |
| Geen antibiotika is bygevoeg | |
GEBRUIKSAANWYSINGS:
Voeg 120g (250ml) poeier by 1 liter water teen 40°C. Roer deeglik.
Kan ook met koue water aangemaak word.
VOEDINGSINSTRUKSIES:
Gee 10% van liggaamsmassa in 2 of 3 voedings per dag. Moet nie 6 liter per dag oorskry nie.
Voorsien Kalfaanvangsmeel teen gekontroleerde hoeveelhede, vanaf die 2de week. Te hoë inname veroorsaak opblaas.
Water moet nie gedurende die eerste 2 weke ab lib beskikbaar wees nie. Dit moet egter na die 2de week beskikbaar gestel
word, maar moet ongeveer 'n uur voor tot 'n uur na voedingstye weggeneem word.
Indien diarree voorkom, verminder die inname van melk met die helfte. Maak seker dat geen water vryelik beskikbaar is nie.
Doseer BIOREM teen dubbeldosis droog op die tong, 3 keer per dag. Normaalweg behoort die diarree teen die
volgende dag opgeklaar te wees.
Kontak ons vir meer informasie oor die grootmaak van kalwers, diarree noodbehandeling, probleme met groei en speen-metodes.
GEBRUIKE:
'n Volledige biesproduk (bevat *BIOGLOBIN Reg. No: G2151, Wet 36/1947) vir kalwers om die passiewe
immuniteit van pasgebore diertjies te verhoog, wat geen kolostrum, of kolostrum van 'n swak gehalte, of te min ontvang
het. Moet toegedien word binne 6 ure na geboorte.
'n Volledige voersupplement vir diere jonger as 7 dae, ter ondersteuning tydens strestoestande, veral wanneer die verandering van bies na gewone melk lei tot spysverteringsteurnisse.
SAMESTELLING:
| g/kg | |
| Proteïn | 250 (min) |
| Vet | 120 (min) |
| Vog | 50 (maks) |
| Vesel | 5 (maks) |
| Fosfor | 8 (min) |
| Kalsium | 16 (maks) |
| Lisien | 17 (min) |
| Immunoglobin | 44,4 (min) Ig (G1 G2 A M) |
| Stysel | 80 (maks) |
| Dit bevat ook BIOREM, 'n melksuurbakteriekultuur vir die behandeling en voorkoming van diarree in kalwers en lammers, asook BIORED, 'n fisologiese bioflavonoïdiese anti-oksidant. | |
GEBRUIKSAANWYSINGS:
Meng 100 gram BIOMEL-PLUS-KOLOSTRUM met 1 liter lou-warm water (ongeveer 45°C).
Indien binne 6 ure van geboorte, doseer dadelik en herhaal uurliks vir 6 ure.
Indien ouer, maar nie ouer as 7 dae nie, doseer dadelik en herhaal elke 6 ure vir 1 tot 2 dae soos nodig.
Gebruik al die produk wat aangemaak is dadelik op, of stoor in yskas by 4°C vir 'n maksimum van 10 dae. Voorkom besmetting deur die regte volume aangemaakte produk uit te gooi en dadelik weer te verseël. Verhit voor toediening tot liggaamstemperatuur deur die houer met die produk in 'n bak warm water te plaas.
STOORINSTRUKSIES:
Bêre in 'n koel droë plek. Aangemaakte produk behoort nie langer as 10 dae by 4°C gehou te word nie.
WAT IS BIOREM?
BIOREM is 'n geregistreerde PROBIOTIKA volgens Wet 36 van 1947.
BIOREM bevat 'n wye reeks melksuurbakterië wat op 'n lusernbasis gekweek is. Dit lyk dus soos
fyngemaalde lusern, maar met die tipiese suurderige reuk van melksuur. Die stamme van melksuurbakterië in
BIOREM is spesifiek geselekteer vir sterk groeivermoë, met 'n antagonistiese werking teen patogene
organismes, asook met 'n goeie weerstand teen sekere toestande wat gewoonlik die vermindering van die konsentrasie "goeie"
bakterië in die spysverteringstelsel tot gevolg het.
WAAROM WORD DIE BAKTERIË OP LUSERN GE-ENT?
Die rede vir lusern as kweekmedium is as volg:
WAARVOOR KAN BIOREM AANGEWEND WORD?
BIOREM is geregistreer as 'n Diarreemiddel vir Kalwers en Lammers. Dit kan op twee maniere toegedien word:
1 - 'n Dosis van 4g word daagliks in die kalf of lam se melk toegedien.
2 - 'n Dubbeldosis van 8g word twee tot drie keer per dag droog op die tong geplaas as behandeling vir akute diarree.
Gedurende die jare wat BIOREM reeds as diarree-middel op die mark is, het verskeie addisionele gebruike egter
ook na vore gekom:
HOE WERK BIOREM?
Wanneer die Melksuurbakterië in BIOREM deur die dier ingeneem word, begin die bakterië vinnig
vermeerder. Die toestande in die rumen en laer spysverteringstelsel is ideaal vir die groei van die bakterië. Die
bakterië vestig dan op die wand van die spysverteringstelsel en verplaas en vervang van die patogene mikro-organismes
wat daar mag voorkom. So word die mikro-sisteem weer in ewewig gebring. Indien genoeg Melksuurbakterië ingeneem word,
oorheers hulle die populasie op die dermwand en 'n anaërobiese toestand word geskep. Die Melksuurbakterië skei ook
'n stof af (bakteriosiene) wat antagonisties op die patogene organismes inwerk. Die meeste patogene organismes is aërobies
en saam met die werking van die bakteriosiene wat deur die Melksuurbakterië afgeskei word, begin hul getalle drasties
afneem.
Die resultaat is 'n gesonder dier wat nie maklik siek word nie. Meer tegniese detail is op aanvraag beskikbaar.
BIOREM-PLUS vir volstruise en pluimvee bevat 'n kombinasie van melksuurbak- terië en 'n natuurlike bioflavonoïdiese anti-oksidant. Elke gram BIOREM-PLUS bevat minstens 5.7 X 106 melksuurbakterië, bestaande uit:
KENMERKENDE EIENSKAPPE:
Organismes:
WANNEER WORD VOLSTRUISE BEHANDEL?:
Klein volstruisies se voer word permanent gemedikeer met BIOREM-PLUS.
Voer van volwasse voëls se medikasie kan aangepas word.
Korrekte dosis moet aan siek voëls oraal toegedien word, aangesien hulle nie genoegsaam water en voer inneem om sodoende
volle medikasie te ontvang nie. BI-OSTROSIN word aanbeveel vir orale toediening.
Gemedikeerde voer is baie doeltreffend veral gedurende koue, hantering, na-antibiotiese behandeling, telling, voerkrale ens.
BEHANDELING VAN VOLSTRUISE:
Meng 2kg per ton BIOREM-PLUS in voer vir jong voëls tot minstens 3 maande ouderdom.
Die frekwensie van toediening van gemedikeerde voer kan vir volwasse voëls aangepas word, maar minstens elke tweede week
vir sewe dae.
Met die byvoeging van BIORED, 'n natuurlike Bioflavonoïdiese fisiologiese anti-oksidant, word die
volgende eienskappe addisioneel verkry:
Dit verhoog die beskikbaarheid van natuurlike vitamien A en E vlakke in die liggaam. Hierdie vitamines word dus optimaal
verbruik wat meesal addisionele byvoeging onnodig maak.
WAT IS BIOSIN?
BIOSIN is 'n geregistreerde PROBIOTIKA volgens Wet 36 van 1947.
BIOSIN bevat dieselfde reeks Melksuurbakterië as BIOREM, maar is 'n vloeibare vorm,
wat dit meer aansprake en aanwendings- moontlikhede gee. Die stamme van melksuurbakterië in BIOSIN is
spesifiek geselekteer vir sterk groeivermoë, met 'n goeie antagonistiese werking teen patogene organismes, asook met 'n
goeie weerstand teen sekere toestande wat gewoonlik die vermindering van die konsentrasie "goeie" bakterië in die
spysverteringstelsel tot gevolg het.
HOE WERK BIOSIN?
Wanneer die Melksuurbakterië in BIOSIN deur die dier ingeneem word, begin die bakterië vinnig
vermeerder. Die toestande in die rumen en laer spysvertering-stelsel is ideaal vir die groei van die bakterië. Die
bakterië vestig dan op die wand van die spysverteringstelsel en verplaas en vervang van die patogene mikro-organismes
wat daar mag voorkom. So word die mikro-sisteem weer in ewewig gebring. Indien genoeg Melksuurbakterië ingeneem word,
oorheers hulle die populasie op die dermwand en 'n anaërobiese toestand ontstaan. Die Melksuurbakterië skei ook
'n stof af wat antagonisties op die patogene mikro-organismes inwerk. Die meeste patogene organismes is aërobies en
saam met die werking van die bakteriosiene wat deur die Melksuurbakterië afgeskei word, begin hul getalle drasties
afneem. Dus, behalwe vir die behandeling en voorkoming van sekere stresverwante siektes, bevorder die toediening van
BIOSIN ook die algemene gesondheid van die dier.
HOE WORD BIOSIN AANGEMAAK?
BIOSIN bevat, wanneer geinkubeer, ongeveer 10 tot 100 miljoen melksuurbakterië per mililiter.
Inkubasie vind plaas wanneer die bakterië in die entstof, (dit is ingesluit in die poeier in die plastiek sakkie),
toegelaat word om in die groeimedium, (dit is wanneer die inhoud van die sakkie met water gemeng is), te vermeerder.
Sekere toestande is egter nodig vir suksesvolle inkubasie en dit sluit in:
WAARVOOR KAN BIOSIN AANGEWEND WORD?
BIOSIN word aan diere toegedien sodra vermoed word dat die mikro-organismes in die spysverteringskanaal
om een of ander rede wanfunksioneer:
ADDISIONELE GEBRUIKE
Bogenoemde is gebruike waarvoor BIOSIN geregistreer is. Oor die jare het addisionele gebruike egter ook na
vore gekom en dit sluit in:
RAKLEEFTYD
BIOSIN kan voor aanmaak vir ongeveer een jaar goed bly op die rak. Indien die produk fisies nie verander
het nie, kan dit daarna egter steeds aangemaak word.
Na aanmaak bly die produk, by kamertemperatuur, tot 2 maande goed vir gebruik.
Daarom is dit verkiesliker dat BIOSIN in die yskas gestoor word. Dan kan dit tot 6 maande goed bly. Die
produk se fisiese voorkoms na aanmaak mag nie verander nie. Die reuk moet konstant suur wees. Indien die reuk verander,
moet die produk vernietig word.
BI-OSTROSIN is 'n vloeibare probiotiese supplement vir pluimvee en volstruise. In een mililiter is 'n minimum van 1 x 107 lewende bakterië in kombinasie van 7 subspesies Lactobacilli saam met ander melksuurvormende bakterië.
KENMERKENDE EIENSKAPPE:
Stabiliseer die mikro-organismes in die spysverteringskanaal van groeiende en volwasse voëls.
Verterings hulpmiddel.
Verbeter prestasie.
GEBRUIKE:
Grootmaak van kuikens.
Strestoestande:
AANMAAK EN STOOR:
Knip al die kompartemente van die plastiek sakkie wat die entstof en groeimedium bevat oop en skud alles in die houer uit.
Vul die houer met lou-warm water (40°C).
Skud goed, laat staan vir 2 dae by optimale temperatuur (28° - 32°).
Stoor onder koel droë toestande.
BI-OSTROSIN verval 12 maande na datum van vervaardiging.
BI-OSTROSIN wat reeds aangemaak is, kan vir 2 maande by kamertempe- ratuur gestoor word, maar verkieslik in
'n yskas tot 6 maande.
VOERINSTRUKSIES:
Kuikens: 1ml per dag in die drinkwater.
Vanaf 25 kg lewende massa: 5ml in drinkwater daagliks.
Vanaf 50 kg lewende massa: 10ml in drinkwater daagliks.
Behandel minstens elke tweede week vir sewe dae. Kan ook direk oraal gedoseer word.
Doseer oraal indien stres vermoed word.
Alle diere, ingesluit duiwe en siervoëls is afhanklik van 'n goed gebalanseerde mikrobe populasie in die spysverteringskanaal. Die funksies van die mikrobes kan as volg opgesom word:
Verlies van mikro-organismes lei tot 'n vermindering van Melksuurvormende bakterië, met gevolglike wanfunksionering van die verteringsisteem. Die verskil in die verhouding tussen patogene en Lactobacilli, wat gewoonlik lei tot "siek" of "gesonde" voëls, was bepaal in 'n akute geval van 'n E.coli uitbraak en weergegee in die volgende grafiese voorstelling:
Die effek van die behandeling van duiwe met 'n breë spektrum Melksuur- bakteriekultuur, wat met E.coli besmet was, word deur die onderstaande grafiek voorgestel. (Proef deur Stephen Slippers, navorser by die Universiteit van Zoeloeland):
Hierdie grafiek illustreer die gevolgtrekking van die eksperiment en bevestig ook resultate van vorige eksperimente
met ander spesies, naamlik dat:
(a) patogene soos E.coli kan altyd in monsters verwag word, selfs in die van
"gesonde" voëls;
(b) Die teenwoordigheid van E.coli in monsters beteken nie noodwendig dat voëls siek is nie; en
(c) E.coli kan effektief gekontroleer word deur die teenwoordigheid van genoegsame hoeveelhede Lactobacilli wat
ten minste een keer elke 168 uur onder "normale" toestande toegedien kan word.
Met hierdie resultate in gedagte, sowel as ons kennis van soortgelyke situasies in ander dierspesies, kan ons die volgende afleiding maak:
Nog 'n "natuurlike" produk: FISIOLOGIESE BIOFLAVONOÏED
Die gedroogde MB-kultuur is verryk met 'n uiters geskikte fisiologiese Bioflavonoïdiese anti-oksidant, met baie
interessante eienskappe. Dit is nie 'n vitamien supplement nie, maar verhoog die beskikbaarheid van die natuurlike
vitamiene A en E wat in die lewer is. Dit het ook die eienskap dat dit 'n verhoogde energievrystelling tot gevolg
het, terwyl dit allergievlakke verlaag.
Om op te som: Dit verhoog die voël se algemene gesondheidsstatus.
AANBEVELINGS:
Klein voeltjies:
Meng die kos met BI-AVIREM teen 5 gram per kg kos. Voer dit deur- entyd of minstens 2 keer per week.
Behandel die drinkwater teen 0,5 ml BI-AVISIN per voël in die hok, een keer per week, maar
verkieslik 2 keer per week. Op 'n deurlopende watersisteem kan dit 1 deel BI-AVISIN op 50 dele
water gemeng word. Indien stressituasies ontstaan, bv. speen, vervoer, skielike verandering in die weer, ververing,
ens., kan daagliks behandel word teen 1ml per kop in die water, of oraal toegedien.
Broeivoëls:
Meng die kos met BI-AVIREM teen 10 gram per kg voer, minstens 2 weke voor die aanvang van die broeiseisoen.
Verminder na 5 gram per kg tydens die broeiseisoen. Doseer 1 tot 2 keer per week 1ml BI-AVISIN in drinkwater
per voël in die hok. Indien stressituasies ontstaan, bv. vervoer, speen van kleintjies, skielike weersverandering,
ververing ens., kan dit daagliks behandel word, of oraal toegedien word.
Grootmaak van wedvlugduiwe of skouvoëls:
Behandel soos beskryf by "Klein Voeltjies". Pas die behandeling aan soos beskryf onder "Oefeninge en Skoue" wanneer hulle
die ouderdom bereik.
Oefeninge en Skoue-voorbereiding:
Tydens oefening ter voorbereiding van wedvlugte of skoue, is dit nodig om veergroei te optimaliseer, oksidasie van spiere te
voorkom, maksimum potensiële energie beskikbaar te hê en weerstand teen siektes so veel as moontlik te verhoog.
Meng 10 gram BI-AVIREM per kg voer en doseer drinkwater minstens elke 2de dag 1ml voël in die hok.
Wedvlugte en Skoue:
Behandel voer teen 10 gram BI-AVIREM per kg voer en gee daagliks 1ml BI-AVISIN in
drinkwater, tydens en tot 2 dae daarna. Indien die voëls baie gestres voorkom en water weier, moet hulle
oraal gedoseer word.
Rusperiodes:
Behandel voer teen 5 gram BI-AVIREM per kg voer en doseer drinkwater minstens 1 keer per week
met 1ml BI-AVISIN.
Antibiotika Behandeling:
Volg alle antibiotiese behandeling op vir minstens 3 dae teen 1ml BI-AVISIN per kop in drinkwater.
Waar graankosse gebruik word, kan dit met water of verkieslik voedselgraad-olie aangeklam word en
BI-AVIREM dan oor gestrooi. Die vloeibare Lactobacillus-kultuur (BI-AVISIN
Reg. No. V13118 volgens wet 36/1947) is beskikbaar in 500ml. Dit word 2 dae vooraf aangemaak met 500 ml skoon
lou-warm drinkwater. Laat die produk by kamertemperatuur inkubeer vir 2 dae. Dit kan dan vir 6 maande in die
yskas gebêre word.
Dit is belangrik om in ag te neem dat hierdie natuurlike produkte nie die wedvlugduiwe bo hul vermoë laat presteer nie. Deurdat hul gesondheidstatus op 'n hoë vlak is, sal dit wel help om die duiwe optimaal te laat presteer.
Gebruik antibiotikas asseblief net wanneer en soos u veearts aanbeveel.
'n Volledige gebalanseerde benatbare aanvangsvoedsel vir kalwers. Dit bevat ook 'n probiotikum en anti-oksidant as ondersteunende voedselsupplement, wat verantwoordelik is vir die stabilisering van die spysverteringsorganismes, dien as verteringshulpmiddel, asook vitamien besparend is.
SAMESTELLING:
| g/kg | |
| Proteïn (min) | 190 |
| Vet (min) | 50 |
| Vet (maks) | 80 |
| Vog (maks) | 120 |
| Vesel (maks) | 90 |
| Fosfor (min) | 6 |
| Kalsium (maks) | 16 |
GEBRUIKSAANWYSINGS
BIOREM-KALFPAP-3 is deel van 'n totale voedingsprogram om die kalf so te voed dat hy so vroeg as
moontlik gespeen kan word, terwyl so min as moontlik melk gebruik word ten einde koste te bespaar.
Onmiddelik nadat die kalf aangekom het, moet BIOMEL-KOLOSTRUM-1 gevoer word vir 1 tot 2 dae, afhangende van hoe sterk die kalf is. Dit help om die spysverteringstelsel van die kalf te stabiliseer.
Gee die kalf nou vir minstens 5 tot 6 dae BIOMEL-2 volgens die voorgeskrewe voedingstabel. Sou enige diarree in hierdie tyd voorkom, moet die volume melk vir minstens 3 voedings met die helfte verminder word. Maak steeds teen dieselfde sterkte aan. Dien BIOREM ongeveer een uur voor of na voeding, droog op die tong toe, soos voorgeskryf. Gebruik antibiotika slegs in uiterste gevalle, of wanneer deur u veearts voorgeskryf, ten einde die voorbereiding van die kalf vir BIOREM-KALFPAP-3 nie te belemmer nie.
Meng vanaf die 2de week BIOREM-KALF-PAP-3 in die melk soos aangedui op die voedingstabelle. BIOREM KALFPAP-3 is reeds gaar en word slegs met lou-warm water gemeng. Die kalf ontvang al meer pap in die melk om sodoende teen die einde van die 2de week in staat te wees om slegs die pap met water gemeng, in te neem. Kalfpap kan verhoog word tot 200 gram per liter vir optimale groei.
Vanaf die 3de week behoort die kalf in staat te wees om slegs BIOREM-KALFPAP-3 as nat voeding te kan gebruik met vrye toegang tot kalf groeimeel en goeie kwaliteit ruvoer of weiding.
SPEEN vind plaas wanneer genoegsame kalfgroeimeel en ruvoer ingeneem word (oor 1kg per dag). Raadpleeg die voedingstabelle.