Biorem

BIOREM
Biologiese Produkte

VOLSTRUISE

BIOREM-PLUS

BIOREM-PLUS vir volstruise en pluimvee bevat 'n kombinasie van melksuurbakterië en 'n natuurlike bioflavonoïdiese anti-oksidant. Elke gram BIOREM-PLUS bevat minstens 5.7 X 106 melksuurbakterië, bestaande uit:

  • Lb. acidophilus
  • Lb. bavaricus
  • Lb. casei ssp. Rhamnosus
  • Lb.coryneformis
  • Lb.curvatus
  • Lb.sake
  • Streptococcus sp
  • Enterococcus spp
  • Leuconostoc spp.
  • 85.7 mg BIORED, 'n natuurlike bioflavonoïed.

KENMERKENDE EIENSKAPPE:
Organismes:

  1. Anaerobies
  2. Verantwoordelik vir tot 49% van vertering van kos.
  3. Bakteriële antagonisme deur:
    • Verlaging van omgewings pH
    • Bakteriositiese nie-antibiotiese afskeidings
    • Bakteriositiese antibiotiese afskeidings
    • Fakultatief anaerobies
  4. STRES en antibiotiese behandeling is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vermindering van bakterië-getalle in die spysverteringskanaal. (Sien BIOREM vir meer inligting).
BIORED:
  1. Verhoog natuurlike Vitamien A en E vlakke aansienlik.
  2. Anti-allergies
  3. Anti-inflammatories
  4. BIORED verhoog dus die volstruis, veral jong groeiende kuikens, se algemene gesondheidsvlakke, asook die kwaliteit van die vel en vere, veral by groter voëls. (Sien BIORED vir meer inligting).

WANNEER WORD VOLSTRUISE BEHANDEL?:
Klein volstruisies se voer word permanent gemedikeer met BIOREM-PLUS. Voer van volwasse voëls se medikasie kan aangepas word. Korrekte dosis moet aan siek voëls oraal toegedien word, aangesien hulle nie genoegsaam water en voer inneem om sodoende volle medikasie te ontvang nie. BI-OSTROSIN word aanbeveel vir orale toediening. Gemedikeerde voer is baie doeltreffend veral gedurende koue, hantering, na-antibiotiese behandeling, telling, voerkrale ens.

BEHANDELING VAN VOLSTRUISE:
Meng 2kg per ton BIOREM-PLUS in voer vir jong voëls tot minstens 3 maande ouderdom. Die frekwensie van toediening van gemedikeerde voer kan vir volwasse voëls aangepas word, maar minstens elke tweede week vir sewe dae.
Met die byvoeging van BIORED, 'n natuurlike Bioflavonoïdiese fisiologiese anti-oksidant, word die volgende eienskappe addisioneel verkry:
Dit verhoog die beskikbaarheid van natuurlike vitamien A en E vlakke in die liggaam. Hierdie vitamines word dus optimaal verbruik wat meesal addisionele byvoeging onnodig maak.

  1. Vitamien A bevorder vel, veergroei en sig.
  2. Vitamien E het te doen met die onderhoud van gesonde weefsel.
  3. BIORED bind kollageen.
  4. Beskerm onversadigde vetsure.
  5. Ruim vry radikale op.
  6. Verhoogde beskikbaarheid van energie.

BI-OSTROSIN

BI-OSTROSIN is 'n vloeibare probiotiese supplement vir pluimvee en volstruise. In een mililiter is 'n minimum van 1 x 107 lewende bakterië in kombinasie van 7 subspesies Lactobacilli saam met ander melksuurvormende bakterië.

KENMERKENDE EIENSKAPPE:
Stabiliseer die mikro-organismes in die spysverteringskanaal van groeiende en volwasse voëls.
Verterings hulpmiddel.
Verbeter prestasie.

GEBRUIKE:
Grootmaak van kuikens.
Strestoestande:

  • Voerkraal aanpassings
  • vendusies
  • hantering
  • vervoer, ens.
Vervangingsterapie na behandeling met antibiotika.

AANMAAK EN STOOR:
Knip al die kompartemente van die plastiek sakkie wat die entstof en groeimedium bevat oop en skud alles in die houer uit.
Vul die houer met lou-warm water (40°C).
Skud goed, laat staan vir 2 dae by optimale temperatuur (28° - 32°).
Stoor onder koel droë toestande.
BI-OSTROSIN verval 12 maande na datum van vervaardiging.
BI-OSTROSIN wat reeds aangemaak is, kan vir 2 maande by kamertempe- ratuur gestoor word, maar verkieslik in 'n yskas tot 6 maande.

VOERINSTRUKSIES:
Kuikens: 1ml per dag in die drinkwater.
Vanaf 25 kg lewende massa: 5ml in drinkwater daagliks.
Vanaf 50 kg lewende massa: 10ml in drinkwater daagliks.
Behandel minstens elke tweede week vir sewe dae. Kan ook direk oraal gedoseer word.
Doseer oraal indien stres vermoed word.

Tuis  |   Produkte  |   Kalwers/Lammers  |   Voerkrale  |   Volstruise  |   Voëls en Duiwe  |   Kontak Ons

Kopiereg ©   ::  BIOREM en NANDREA HEALTH PRODUCTS  •  Webtuiste deur:  WebWorX