Biorem

BIOREM
Biologiese Produkte

GROOTMAAK VAN SUIWELKALWERS

BIOMEL

(Reg no. V11906, act 36/1947)

Wat is BIOMEL?

Kalwer

BIOMEL* is 'n melkvervanger vir kalwers. Dit bevat ook BIOREM*, Reg no. G958, 'n lewende Melksuurvormende Bakteriese kultuur vir die behandeling en voorkoming van diarree by kalwers en lammers. Dit help ook dat voerinname vroeër plaasvind, wat tot gevolg het dat speen vroeër kan plaasvind. BIOMEL bevat ook BIORED*,(Reg no. V 20924, sien no. 3), 'n Bioflanoïdiese Anti-oksidant, Reg no. V20924, 'n vitamien besparende stof. Wanneer aangemaak soos voorgeskryf, sal elke liter BIOMEL minstens 2g BIOREM bevat.

SAMESTELLING:
Vog 40 g/kg (max)
Ruprotein220 g/kg (min)
Ruvet130 g/kg (min
Vesel1 g/kg (max)
VITAMIENES:
Vitamiene A 50000 I.u. Ca 13.00 g(max) Vitamiene D3 500 i.u.
P 8g (max) Vitamiene E 50 mg Na 9.00 g
Vitamiene B1 3 mg Mg 1.00 g Vitamiene B2 10 mg
K 25.00 g Vitamiene B6 4 mg CL 22.00 g
Vitamiene B12 20 mg Cu 45.00 mg Vitamiene PP 50 mg
Fe 90.00 mg Vitamiene K 10 mg Mn 23.60 mg
Pantotenic acid 16 mg Zn 44.30 mg Choline chloride 250 mg
I 0.05 mg Fumaric acid 7 g Co 1.10 mg
Vitamiene C 50 mg Se 0.42 mg Vitamiene E 50 mg
Probiotika: BIOREM 1.2g/litre
Antioksidant: BIORED 0.35% m/m
Geen antibiotika bygevoeg nie.

Vetinhoud: Hoekom 13%?
Verskeie proewe was gedoen met hoër konsentrasies as 13% vet inhoud in die melkvervanger, en die resultaat was dat 'n hoër frekwensie van metaboliese steurnisse voorgekom het, wat gemanifesteer het in diarree en dehidrasie. Hierdie resultaat was geverifieër met vergelykende proewe met produkte waarvan die vetinhoud aangegee was as 18%. Die afleiding was gemaak dat die 13% vetinhoud van BIOMEL*, onder tipiese Suid Afrikaanse toestande, optimaal is. Die insluiting van BIORED het ook 'n beskermingsfunksie van rantsoenvette, wat moontlik die rede is vir die verbeterde prestasie teen laer vet inhoud. Proefresultate is op aanvraag beskikbaar.

AANBEVOLE GEBRUIK:
• Kalwers:
Meng 120 gram poeier per liter water teen 40°C.
• Lammers:
Gebruike BIOLAM Reg. nr. V22490. Sien BIOLAM

VOERINSTRUKSIES
• Voer 10% van lewende massa, verdeel in 3 voedings per dag, vir die eerste 2 weke. Verander dan na 2 voedings per dag. Moniteer deeglik en herhaal 3 voedings per dag indien daar enige tekens van diarree is.
• Voorsien Kalfaanvangsvoer vanaf week 2. Moenie water beskikbaar stel nie, veral eerste 2 weke. Water mag vanaf week 3 gegee word, maar moet minstens 'n uur voor en na melkvoeding verwyder word. Indien diarree voorkom, verminder die volume melk met die helfte. Maak seker dat water nie vrylik beskikbaar is nie. Doseer BIOREM* droog op die tong, teen dubbel die dosis, 3 keer per dag. Diarree behoort op te klaar teen die volgende dag.

GROOTMAAK VAN JERSEY KALWERS
Ons beplan om vroeg in 2012, 'n melk vervanger te ontwikkel, spesifiek vir Jersey kalwers. Vars Jersey melk se vet inhoud is hoër as ander melk, gevolglik kan die kalf kleiner volumes inneem. Dit lewer beter energie beskikbaarheid as enige ander melk. Indien BIOMEL tans gebruik word by Jersey kalwers, is die aanbeveling dat om die aanmaak verhouding te verhoog na 150 gram per liter. Jerseys is baie sensitief vir volume melk. Moenie oorvoer nie. Die gemiddelde Jersey kalf weeg so 25 Kg. Teen 10% liggaamsmassa het die kalf slegs 2,5 liter melk per dag nodig. Verdeel in 3 voedings per dag, is slegs 800 ml per voeding nodig.
Indien diarree voorkom, verminder melkinname volume na helfte die normale voeding. Verseker water is nie vir die kalf beskikbaar nie. Doseer BIOREM* droog op die tong teen dubbel dosis, 3 keer per dag. Gewoonlik klaar diarree op binne 12 ure. Vir meer inligting oor die behandeling van diarree, sien die hoofstuk wat daaroor handel.
• Kontak ons vir meer inligting oor die grootmaak van kalwers, noodbehandeling van diarree, groei probleme en metodes van speen.

GROOTMAAK VAN LAMMERS

BIOLAM

Lammer

Die Vet en Proteïn behoefte, sowel as die energiebron vir lammers verskil van dié van kalwers. So ook die voedingsprosedure en metode. Daarom iis 'n spesifieke lamvoeding spesiaal ontwikkel vir lammers met spesifieke voorgeskrewe metodes.

BIOLAM* is BIORED* en BIOREM* verryk.

BIOREM* (G958) en BIORED (V20924) is geregistreer volgens wet 36 van 1947.

BIOREM is 'n probiotika. BIOMEL* bevat 2 gram BIOREM per liter wanneer aangemaak. Elke gram BIOREM bevat minstens 10 milj kolonie vormende melksuurproduserende bakterië per gram. Die produk verlaag die moontlikheid van diarree, en help met die vroeër ontwikkeling van die ruminale sisteem. Vroeër inname van voer mag voorkom.

MAAK SEKER DAT DIE LAM NIE TE VEEL VOER TE VROEG INNEEM NIE, AANGESIEN OPBLAAS DAN KAN VOORKOM.

BIORED* is 'n antioksidant, vitamienbesparend (verhoog vitamienvlakke in lewer en vet sonder dat addisionele vitamines ingeneem word), en verhoog sodoende immuniteit.
Die volume van BIOLAM* per voeding is van uiterste belang: Die aanbevole dosis kan as volg bereken word:
Massa in Kg X 50 = ml BIOLAM* per voeding.
Hierdie volume melk kan dan in 3 tot 4 voedings per dag toegedien word, afhangennde van die lam se vermoë om die melk te verbruik.
Indien die lam begin opblaas moet die hoeveelheiid voedings per dag verminder word.

HIERDIE FORMULE VAN VOEDING GELD SLEGS VIR BIOLAM* EN ANDER PRODUKTE MAG VERSKIL!

Tuis  |   Produkte  |   Kalwers/Lammers  |   Voerkrale  |   Volstruise  |   Voëls en Duiwe  |   Kontak Ons

Kopiereg ©   ::  BIOREM en NANDREA HEALTH PRODUCTS  •  Webtuiste deur:  WebWorX