Biorem

BIOREM
Biologiese Produkte

Vervaardiger van Natuurlike Gesondheids Produkte
vir beide Mens en Dier 

 

BIOREM BIOLOGIESE PRODUKTE is gestig in 1986 deur 'n paar wetenskaplikes, aanvanklik vir die ontwikkeling van probiotikas. Oor 'n periode van 25 jaar is 'n baie suksesvolle reeks geformuleer, getoets en bemark vir behandeling by mens en dier.

Gedurende 1996 het 'n kollega 'n baie belowende anti-oksidatiewe materiaal ontdek in peulplante in die Noordelike gedeeltes van die Kaap Provinsie, waarna ons begin navorsing en ontwikkeling doen het op natuurlike anti-oksidante.

BIOREM BIOLOGIESE PRODUKTE vervaardig vir die primêre vervaardigings industrieë, probiotikas en natuurlike anti-oksidante vir die gebruik in landbou-, farmasetiese-, voedsel-, en kosmetieseprodukte. Ons vervaardig en bemark ook natuurlike gesondheidsprodukte vir die handelaar van voedselaanvullers, alternatiewe- en geregistreerde medisyne.

BIOREM BIOLOGIESE PRODUKTE vervaardig nie net melkvervangers vir kalwers en lammers nie, maar bied u die volledige pakket wat nodig is vir kalfgrootmaak.
Dit sluit die volgende in:
  • Kalf en lam melkvervangers (BIOMEL*; BIOLAM*)
  • Vervoer ondersteuner vir kalwers (TRANSPOSIN*)
  • Kolostrum (bies) aanvulling (BIOGLOBIN*; BIOMEL PLUS KOLOSTRUM*)
  • Die alternatiewe, ekonomiese benatbare kalfaanvangsvoeding (KALFPAP*)
  • Diarree behandeling met 'n probiotika (BIOREM*)
  • Stres behandeling tydens speen, voerkraal aanpassing (BIOSIN*)
  • 24 Uur tegniese bystand vir enige problem met kalfgrootmaak of voerkraal aanpassing
  • Deurlopende inligting en navorsingverslae gratis aan ons kliënte.
  • Alle produkte geregistreer volgens wet 36 van 1947.
  • Kopiereg op alle inligtingstukke
  • *TRANSPOSIN is 'n "CUSTOM MADE" produk op aanvraag

Die insluiting van die bekende en beproefde BIOREM-KULTUUR van die afgelope 25 jaar, asook die insluiting van die produk BIORED*, asook die belading met terapeutiese nano frekwensies, maak van ons melkvervangers die mees tegnologies-gevorderde produkte ter wêreld. Dit is wetenskaplik bewys deur vergelykende studies en geverifieër deur onafhanklike instansie, in samewerking met bekende universiteite, deurdat BIOMEL* die enigste melkproduk is waarmee kalwers op so vroeg as 24 dae, met 14 Kg poeier gespeen kon word, met die minste voorkoms van diarree, vinnigste groei, en geen mortaliteite nie.

Dus bewys as die mees kostedoeltreffendste produk beskikbaar!

Tuis  |   Produkte  |   Kalwers/Lammers  |   Voerkrale  |   Volstruise  |   Voëls en Duiwe  |   Kontak Ons

Kopiereg ©   ::  BIOREM en NANDREA HEALTH PRODUCTS  •  Webtuiste deur:  WebWorX