Die beste melk, anders as Moedersmelk, is BIOMEL!!!
En dit kan lei tot vrektes!
Organismes in die SVK leef in streng anaërobiese toestande (totale afwesigheid van suurstof). Stres lei tot verhoogde
kortikosteroïd-produksie, wat die hoof energiebron van hierdie SVO drasties verminder. Ons benodig dus spesiaal aangepaste
organismes wat sulke toestande in die SVK kan oorleef.
Die BIOREM*-organismes is spesiaal aangepas om sulke strestoestande te kan oorleef - die rede hoekom die moederkultuur op 'n Lusern-basis gekweek word.
Skematiese voorstelling van 'n tipiese skaapvoerkraal:
Week 1 en 2 : Aanpassingstres
Week 3 en 4 : Kompensasiegroei
Week 5 : Koue stres
Biosin: Eenmalige dosering van 10ml tydens prosessering
Kontrole: Onbehandelde kontrole groep
Produk:
BIOSIN* (Reg. nr. G1114) Skaap en Bees
BI-OSTROSIN* (Reg. nr. V12928) Volstruise
'n Vloeibare Melksuurbakterie-kultuur (na aanmaak) wat kort voor 'n moontlike stressituasie, of so gou as moontlik
daarna, of beide, aan die dier toegedien word.
Voorbereiding:
Die produk word minstens 2 dae voor die tyd aangemaak om toe te laat dat die organismes groei en vermeerder.
Dosering:
Doseer eenmalig oraal, of so dikwels as nodig geag word. Diere onderhewig aan antibiotiese behandeling kan daagliks
gedosseer word, maar minstens 2 keer na laaste antibiotiese bloedpeilvlakke normaal is.
Volstruiskuikens kan daagliks, maar minstens een keer per week, oraal gedoseer word indien gestres, maar dit kan deur drinkwater ingeneem word.
Voerkraalprestasieproewe is op aanvraag beskikbaar.
*Gratis konsultasie op versoek.