Die beste melk, anders as Moedersmelk, is BIOMEL!!!
Alle diere, ingesluit duiwe en siervoëls is afhanklik van 'n goed gebalanseerde mikrobe populasie in die spysverteringskanaal. Die funksies van die mikrobes kan as volg opgesom word:
Verlies van mikro-organismes lei tot 'n vermindering van Melksuurvormende bakterië, met gevolglike wanfunksionering van die verteringsisteem. Die verskil in die verhouding tussen patogene en Lactobacilli, wat gewoonlik lei tot "siek" of "gesonde" voëls, was bepaal in 'n akute geval van 'n E.coli uitbraak en weergegee in die volgende grafiese voorstelling:
Die effek van die behandeling van duiwe met 'n breë spektrum Melksuur- bakteriekultuur, wat met E.coli besmet was, word deur die onderstaande grafiek voorgestel. (Proef deur Stephen Slippers, navorser by die Universiteit van Zoeloeland):
Hierdie grafiek illustreer die gevolgtrekking van die eksperiment en bevestig ook resultate van vorige eksperimente
met ander spesies, naamlik dat:
(a) patogene soos E.coli kan altyd in monsters verwag word, selfs in die van
"gesonde" voëls;
(b) Die teenwoordigheid van E.coli in monsters beteken nie noodwendig dat voëls siek is nie; en
(c) E.coli kan effektief gekontroleer word deur die teenwoordigheid van genoegsame hoeveelhede Lactobacilli wat
ten minste een keer elke 168 uur onder "normale" toestande toegedien kan word.
Met hierdie resultate in gedagte, sowel as ons kennis van soortgelyke situasies in ander dierspesies, kan ons die volgende afleiding maak:
Nog 'n "natuurlike" produk: FISIOLOGIESE BIOFLAVONOÏED
Die gedroogde MB-kultuur is verryk met 'n uiters geskikte fisiologiese Bioflavonoïdiese anti-oksidant, met baie
interessante eienskappe. Dit is nie 'n vitamien supplement nie, maar verhoog die beskikbaarheid van die natuurlike
vitamiene A en E wat in die lewer is. Dit het ook die eienskap dat dit 'n verhoogde energievrystelling tot gevolg
het, terwyl dit allergievlakke verlaag.
Om op te som: Dit verhoog die voël se algemene gesondheidsstatus.
AANBEVELINGS:
Klein voeltjies:
Meng die kos met BI-AVIREM teen 5 gram per kg kos. Voer dit deur- entyd of minstens 2 keer per week.
Behandel die drinkwater teen 0,5 ml BI-AVISIN per voël in die hok, een keer per week, maar
verkieslik 2 keer per week. Op 'n deurlopende watersisteem kan dit 1 deel BI-AVISIN op 50 dele
water gemeng word. Indien stressituasies ontstaan, bv. speen, vervoer, skielike verandering in die weer, ververing,
ens., kan daagliks behandel word teen 1ml per kop in die water, of oraal toegedien.
Broeivoëls:
Meng die kos met BI-AVIREM teen 10 gram per kg voer, minstens 2 weke voor die aanvang van die broeiseisoen.
Verminder na 5 gram per kg tydens die broeiseisoen. Doseer 1 tot 2 keer per week 1ml BI-AVISIN in drinkwater
per voël in die hok. Indien stressituasies ontstaan, bv. vervoer, speen van kleintjies, skielike weersverandering,
ververing ens., kan dit daagliks behandel word, of oraal toegedien word.
Grootmaak van wedvlugduiwe of skouvoëls:
Behandel soos beskryf by "Klein Voeltjies". Pas die behandeling aan soos beskryf onder "Oefeninge en Skoue" wanneer hulle
die ouderdom bereik.
Oefeninge en Skoue-voorbereiding:
Tydens oefening ter voorbereiding van wedvlugte of skoue, is dit nodig om veergroei te optimaliseer, oksidasie van spiere te
voorkom, maksimum potensiële energie beskikbaar te hê en weerstand teen siektes so veel as moontlik te verhoog.
Meng 10 gram BI-AVIREM per kg voer en doseer drinkwater minstens elke 2de dag 1ml voël in die hok.
Wedvlugte en Skoue:
Behandel voer teen 10 gram BI-AVIREM per kg voer en gee daagliks 1ml BI-AVISIN in
drinkwater, tydens en tot 2 dae daarna. Indien die voëls baie gestres voorkom en water weier, moet hulle
oraal gedoseer word.
Rusperiodes:
Behandel voer teen 5 gram BI-AVIREM per kg voer en doseer drinkwater minstens 1 keer per week
met 1ml BI-AVISIN.
Antibiotika Behandeling:
Volg alle antibiotiese behandeling op vir minstens 3 dae teen 1ml BI-AVISIN per kop in drinkwater.
Waar graankosse gebruik word, kan dit met water of verkieslik voedselgraad-olie aangeklam word en
BI-AVIREM dan oor gestrooi. Die vloeibare Lactobacillus-kultuur (BI-AVISIN
Reg. No. V13118 volgens wet 36/1947) is beskikbaar in 500ml. Dit word 2 dae vooraf aangemaak met 500 ml skoon
lou-warm drinkwater. Laat die produk by kamertemperatuur inkubeer vir 2 dae. Dit kan dan vir 6 maande in die
yskas gebêre word.
Dit is belangrik om in ag te neem dat hierdie natuurlike produkte nie die wedvlugduiwe bo hul vermoë laat presteer nie. Deurdat hul gesondheidstatus op 'n hoë vlak is, sal dit wel help om die duiwe optimaal te laat presteer.
Gebruik antibiotikas asseblief net wanneer en soos u veearts aanbeveel.